EKO Waterkrip doserings tablette is vir inwendige en uitwendige parasiete. Die dosering se aktiewe bestandele word in die bloed van die diere opgeneem en maak die inwendige sowel as uitwendige parasiete dood.
Tuisblad  |  Wetlike Aspekte (Engels) © 2015 Ekobeheer - Alle Regte voorbehou Webwerf ontwikkel, gehuisves en onderhou deur : Biographix Web and Art
REG WET 101/1965  25  D Geregistreer by die Medisyne Raad onder Wet 101 van 65 as ‘n veedosering.
Die Eko Waterkripdoseringstablette is die nuutste doserings produk en metode op die mark, om alle vee, perde, volstruise, pluimvee en wild te doseer, vir uitwendige sowel as vir inwendige parasiete. Dit werk eenvoudig sonder enige arbeid, krale, geen spanning vir jou, of jou diere nie, net ‘n plesier om weer met vee en wild te boer. Beeste en Wild Geen gevangery van diere, net 2 tablette vir elke 25 liter water wat in die waterkrip staan, weekliks. Dws vir elke 250 liter water in die waterkrip = slegs 20 Eko tablette weekliks nodig
Skape en Bokke Eko waterkripdoseringstablette word gedoseer teen die formule, een tablet vir elke 12 liter water in ‘n skoon waterkrip weekliks. (Elke sewende dag). Pluimvee 40 x Eko tablette week 1 & 2. Voeg die tablette in die water (medisyne) tenk vir 1 000 tot 20 000  lê henne. Vanaf week drie en verder word 20 Eko tablette per week aanbeveel.
Dosering
Eko Waterkripdoserings Tablette is u antwoord. n Hulpmiddel teen parasietweerstandigheid Voorbereiding - 1 Voorbereiding - 2 Voorbereiding - 3
LEKBAKKE Die Eko Waterkripdoseringstablette kan op ‘n alternatiewelike manier ook aangewend word veral in hoë reenvalgebiede. Die metode van veedosering werk veral baie goed waar daar te veel los water in die veld staan, en as diere te ongereeld by die waterkrip drink. Benodighede: Proteïen of energie tab of plastiek lekbakke. Groot hamer. 50mm afgesnyde waterpyp van 1 meter lank.   Voorbereiding Gebruik ‘n proteiene of ’n energie lek in ‘n plastiek bak, dit werk die beste. Om ‘n gat in die lek te maak benodig jy ‘n 50mm waterpyp van plus minus 1 meter lank met ‘n swaar hamer. Slaan met behulp van die pyp en hamer ‘n gat in die middel van die lekbak,  slaan die gat tot teen aan die bodem van die plastiek bak, maar nie deur die bak nie  -  sien foto. Metode 1. Voeg die hele inhoud van een bottel in die gat van die lekbak. (Dws 100 tablette) 2. Stamp dit met’ n skerp yster voorwerp in die gat.  3. Die tablette kan maar breek maar hulle hoef nie fyn te wees nie die diere lek elke dag aan die lek, hulle hou van die soort smaak.  4. Sit die lek bakke uit vir jou skape, beeste, wild ens.
1 2
WATERKRIP DOSERINGS TABLETTE