EKO Waterkrip doserings tablette is vir inwendige en uitwendige parasiete. Die dosering se aktiewe bestandele word in
die bloed van die diere opgeneem en maak die inwendige sowel as uitwendige parasiete dood.
REG WET 101/1965 25 D
Geregistreer by die Medisyne Raad
onder Wet 101 van 65
as ‘n veedosering.
Foto Nr 1 is geneem voordat, 10 Eko Waterkripdoseringstablette in die waterkrip gegooi om 17H00 is.
Die waterkrip se water inhoud is 250 liter water dws 1 tablet vir elke 25 liter water weekliks onder die
waterklep (”ballvalve”).
Foto Nr 2 is op die volgende dag geneem om 10H30, dit was die oggend nadat die waterkrip doserings
tablette in die waterkrip gegooi is. Let op na die swaar besmetting van blou bosluise en die ontsteking wat
dit al veroorsaak het. Dit is plus minus 15 ure na die talette in die krip gegooi is.
Foto Nr 3 is geneem na sowat 42 uur sedert die eerste dosering om 11H00
Foto Nr 4 is sowat 4 en ‘n halwe dag geneem na die eerste dosering.
Beeste toetsresultate
+- 15 ure
+- 42 ure
+- 4.5 dae
Dag 2
Dag 3
Dag 5
Dag 1
WATERKRIP DOSERINGS TABLETTE