EKO Waterkrip doserings tablette is vir inwendige en uitwendige parasiete. Die dosering se aktiewe bestandele word in die bloed van die diere opgeneem en maak die inwendige sowel as uitwendige parasiete dood.
Tuisblad  |  Wetlike Aspekte (Engels) © 2015 Ekobeheer - Alle Regte voorbehou Webwerf ontwikkel, gehuisves en onderhou deur : Biographix Web and Art
REG WET 101/1965  25  D Geregistreer by die Medisyne Raad onder Wet 101 van 65 as ‘n veedosering.
Die Waterkrip doserings tablette is die nuutste doseringsproduk en metode op die mark om skape, beeste, perde, volstruise of wild te doseer, vir uitwendige en inwendige parasiete. Dit is ‘n gepatenteerde tablet, so ook die doserings-metode.  Dit word deur Bavati verspreiders vervaardig, bemark en versprei, onder die naam EKO WATERKRIPDOSERINGS TABLETTE, asook onder die naam OPLOSBARE WATERKRIP DOSERINGS TABLETTE. Dit werk eenvoudig, sonder enige arbeid, krale, geen spanning vir jou of jou diere nie, dis net ‘n plesier om weer met vee en wild te boer.  Geen gevangery van diere nie, net ‘n tablet wat jy weekliks in die waterkrip onder die waterklep (”ballvalve”) gooi, dit is eenvoudig.  Om die sukses van hierdie dosering te ervaar  moet die krippe weekliks skoongemaak word anders ruik die water maklik oud en is onsmaaklik vir diere. NB:  WATERKRIP DOSERINGS TABLETTE KAN SAAM MET ENIGE CHEMIESE DOSERING GEBRUIK WORD,  DAAR BEHOORT GEEN NEWE EFFEKTE TE WEES NIE METODE VAN DOSERING: Die metode wat gebruik word is ook gepatenteer. Die patent beskrywing is: Waterkripdoserings- table metode van dosering vir skape, beeste, perde, wild, volstruise ens. Die waterkrippe moet eers skoon gewas word om alle slik en modder uit die waterkrip te verwyder. Daarna word die doseringstablette onder die waterklep (ballvalve) gegooi en gelos om stadig oor plus minus sewe dae of langer op te los, die diere drink elke dag plus minus twee keer op ‘n dag daarvan. Die tablette los stadig op en meng met die water, sodra die water deur die waterklep (ballvalve) loop of spoel om die waterkrip vol te maak. Sodra die diere water drink of suip word hulle met die waterkrip dosering wat nou met die drinkwater gemeng is gevul.  Die dosering word nou in die dier se liggaam en bloed stelsel opgeneem en vrygestel en sodoende weer dit die parasiete af. Deur die metode reg te gebruik hoef jy nie jou skape/beeste kraal toe te jaag en ‘n hele dag daar te spandeer om jou diere te doseer en skoon te maak nie, jy gooi slegs twee tablette vir elke 25 liter water in ‘n skoon waterkrip. Die Waterkrip doserings tablette metode werk op ‘n arbeidlose metode waar jy slegs twee tablette vir elke 25 liter water in die waterkrip gooi. NB: die beskrywing is die geregistreerde patent. VOORKOMEND: Sorg dat die dam sowel as die suipkrippe skoon is van swartalge. Dit is ‘n alg wat redelik algemeen voorkom in damwater en is geneig om water te laat stink en vrot ruik. Diere hou as ‘n reël nie van vuil of vrot water nie. Let op of die dam vol modder of watergrasse is.  Die alg groei tydens die verrotings prosesse van ou plant materiaal in die dam of krippe.                                                                                              
METODE VAN PROEWE: Die hoë standaarde wat gehandhaaf word tydens die proewe wys net die erns waarmee al die  proewe gedoen word. Die proewe word gedoen onder ‘n hoogs aangeskrewe veearts se oog, die skaapmis monsters word deur homself geondersoek waarna ons die toetse saam bespreek.   NB: Alle diere moet teen Bloednier, Bloutong, perdesiekte en alle virussiektes geênt wees voor u met die doserings program kan begin. NB: Neuswurm en lintwurm  onder drie maande is uitgesluit van hierdie dosering, omdat lammers in sekere gevalle nog nie self by die waterkrip water drink nie.  NB: Lammers kan die aktief  in sekere gevalle deur sy moeder se melk inneem, maar nie altyd nie. Doseer dus alle lammers vir lintwurms onder drie maande. Moenie kanse vat daarmee nie. Tydens ons proewe was daar in 2009 -71 gevalle van brommer aanvalle, 2010 was daar slegs 1 geval, en in 2011 was daar slegs 1 geval einde Maart in ‘n trop van 1500 ooie. Hierdie doserings produk en metode  is ‘n wêreld eerste. Dit is die eerste en die enigste veedosering volgens ons kennis wat al die velddiere, bv. duikers, steenbokke, ystervarke, jakkalse, hase en wildevoëls bv. kraaie, tarentale, valke, uile ens. asook akkedisse en muise doseer. Alle velddiere kan doseer word teen inwendige sowel as uitwendige parasiete terwyl hulle saam met die vee water drink. Hierdie velddiere is van die grootste parasietdraers op die plaas en versprei die parasiete op die snaakste plekke, bv. in die rante en berge, onder klippe, onder bosse, in die langgras. Dit is die ideale omstandighede en geskikte area waar parasiete uitbroei en voortplant.  Dit is een van die ou tradisionele dosering se groot tekorte, die veld is/was nooit skoon gedoseer nie. Twee tablette vir elke 25 liter water in die waterkrip - so maklik soos dit. Maar onthou daar mag net een drinkplek in die veld wees bv. waar daar ‘n spruit of rivierwater in dieselfde kamp is, sal die tablette nie effektief werk nie. NB: Die groot oorsaak van onsuiwer of brommer aanvalle by skape is haakwurm. Die haakwurm het tande of snyplate in hul mond- holtes en daarmee dring hulle die pens se slymvliese binne. Terselfdertyd spuit hulle dikwels ‘n teenstolmiddel in die wond wat verhinder dat die bloed stol.  Dit gebeur dan dat ‘n skaap vinnig bloed verloor en binne ‘n paar dae vrek. Brommeraanvalle veral in die mikgebied van skape word veroorsaak deur die besoedeling van die gebied met vloeibare mis weens inwendige parasiete in die derm- kanaal wat die oorsaak is van die nat en vrot wol agter by wolskape.  DIT GEBEUR OMDAT PARASIETWEERSTAND ONTSTAAN TEEN CHEMIESE DOSERINGS.  DIE CHEMIESE DOSERING KOM NIE MEER DIE MAS ALLEEN OP NIE.
Agtergrond / Algemene inligting
1 Nr
WATERKRIP DOSERINGS TABLETTE